GeloofHoopLiefde


Go to content

Die Liefdes- en Trouverbond van God met mense

Artikels

Soos wat daar een God is, is daar een verkiesing, een Middelaar, een Heiligmaker, een geloofsvolk. So is daar ook een liefdes- en trouverbond van God met mense. God het verskillende verbonde met mense aangegaan, maar die verbonde is 'n herhaling of bevestiging of nuutuitgewerkte verbonde gebaseer op die een liefdes- en trouverbond.

A. Die Verlossingsverbond

Voor die grondlegging van die wreld het die drie Persone van God 'n verbond met mekaar aangegaan ten opsigte van die mens. Hierdie verbond staan bekend as die Verlossingsverbond of die Vrederaad van God. God die Vader het met die Seun die verbond opgerig dat die Seun mens sou word en sy lewe sou skenk vir baie mense. Die Seun het onderneem om n die sondeval as Middelaar op te tree. Dit het beteken dat die Seun in die volheid van die tyd sy heerlikheid sou verlaat en Mens sou word. Die Heilige Gees het die opdrag om die Seun te salf, om die gelowiges vir die Seun en die Vader te vergader, en om die Kerk vir die Bruidegom gereed te maak.

B. Die Werksverbond

God het die mens in 'n verbondsverhouding tot Homself geskape sodat die mens met God kon omgaan. Die verbond is eensydig aangegaan: God is die oorsprong daarvan. Maar dit het 'n tweesydige werking: die mens kon die verbond dankbaar aanvaar. God het vir die mens ges hy moes vrywillig en bewustelik afbly van die boom van kennis van goed en kwaad en hy sou lewe.

  • Adam moes deur die werk van gehoorsaamheid die heerlikheid bereik. Al wat hy moes doen was om gehoorsaam aan God te wees omdat hy Hom liefhet.
  • Hy sou nie op grond van werke lewe nie, maar langs die weg van werke van gehoorsaamheid.


'n Beter naam vir hierdie verbond is die skeppingsverbond, omdat dit reeds by die skepping gegee is. Adam was die Verbondshoof van die werksverbond. God self het hom goed genoem. Deur Adam het God met die hele mensheid 'n verbond gegee. God eis alles: hoof, hart en hand.

Adam het die verbond verbreek, maar God het dit in stand gehou en weer 'n Mens gegee, nl. Jesus Christus om langs die weg van gehoorsaamheid die ewige lewe te verwerf. Jesus Christus het die werksverbond in ons plek onderhou en vervul.

  • Jesus het die werke van gehoorsaamheid verrig.
  • Ons moet dan uit genade lewe.


Jesus Christus is die Verbondshoof van die genadeverbond.

C. Die Genadeverbond

Wat Adam moes doen, het Jesus kom doen, en wat Hy gedoen het, het Hy vir ons gedoen. Die werksverbond bly voortbestaan, want ons moet steeds langs die weg van gehoorsaamheid koninkrykswerk doen.

Die genadeverbond het vier historiese fases deurloop: Van Adam tot Noag, Noag tot Abraham, Abraham tot by Christus, en Christus tot by die uitstorting van die Heilige Gees.

I. Die Genadeverbond met Noag: die Natuurverbond

God het hierdie verbond eensydig met Noag aangegaan. God sou Noag en sy gesin bewaar, omdat in hom die saad van die vrou (Gen. 3:15) bewaar moet word vir die geboorte van die beloofde Messias. So ook sou God al die diere wat uit die ark uitgegaan het bewaar.

God waarborg die noodsaaklike orde in die natuur met o.a. die ononderbroke opvolging van die seisoene sodat die begenadigde nageslag van Noag, saam met ander mense, kon vermeerder en voortgaan. Die natuur is in diens van God, soos bv. vandag wat die radio in diens van God staan.

II. Die Genadeverbond met Abraham

God het die verbond met Abraham en sy "saad" aangegaan: "Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag na jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag na jou."

Hierdie verbond is ook eensydig deur God met die mens opgerig:

  • God het nie Abraham se instemming as voorwaarde vir die verbond gestel nie.
  • Die eensydige ontstaan van die verbond blyk ook o.a. uit die simboliek van God wat alleen tussen die gekloofde diere deurgaan. Abraham is slegs toeskouer en ontvanger van hierdie genadige toesegging deur God.
  • God s wel dat die Abraham die verbond moes nakom: daar moes met ander woorde 'n verbondsverhouding tussen mens en God wees. Dit dui op die dupleuriese werking van die verbond.


God het beveel dat Abraham homself en sy manlike kinders moet besny as 'n teken van die verbond. Die genadeverbond het dus twee Partye: God en die mens.

Die genadeverbond het ook twee dele: God gee in Christus vergewing van sondes en die ewige lewe, maar eis ook geloof en bekering.

  • Die genadeverbond is soos ? trein met twee spore: die een spoor is die genade van God en die ander spoor is die mens se verantwoordelikheid.


III. Die Verbond met die volk by Sina

Die genadeverbond met Abraham word voortgesit. Die inisiatief vir die verbond gaan van God uit: God het ges: "Ek is die Here jou God "

Die ontstaan van die verbond is 'n ooreenstemming tussen God en die volk: Daar is hier sprake van 'n Verbondsboek waarin God sy wet gee.

Die Verbondsboek is voorwaardelik: die volk moes die wette nakom en het dan ook ges hulle sou gehoorsaam wees.

Die voortbestaan van die verbond is vanwe hierdie voorwaardelike karakter afhanklik van die volk se onderhouding daarvan. Daarom is die verbond verbreekbaar deur die volk, soos hulle dit baie kere gedoen het.

God sou ook die verbond kon verbreek, Maar Hy het ges dat Hy hulle nie so sou verwerp dat die Verbond tot niet gaan nie, want "Ek is die Here hulle God." (Lev. 26:44). Ook in Jer. 14:21 pleit Jeremia: "Moet tog nie u verbond prysgee nie."

God het wel die verbreking van die verbond deur die volk gestraf met die vloek van die verbond en die wraak van die verbond.

Op grond van die verbond met Abraham, verwerp God egter nooit sy volk heeltemal nie, maar behou 'n oorblyfsel. Telkens word ges dat God het aan sy verbond met Abraham, Isak en Jakob gedink.

IV. Die profesie van 'n Nuwe Verbond

Die volk het die Sinatiese Verbond verbreek. Die profete het geprofeteer dat die Here 'n Nuwe Verbond in die plek daarvan sou stel. Die Nuwe Verbond sou vir die volk 'n nuwe hart gee deur die werking van die Heilige Gees sodat hulle die wil van God kan doen. Dit is nie 'n verandering van God se belofte of eis nie, maar is 'n verbond waarin God self die voorwaarde vir instandhouding sal vervul deur Jesus Christus. Dit alles is gegrond op God se skuldvergewende genade.

In o.a. Heb. 8 word verwys na die profesie in Jeremia 31 en ges dat Jesus Christus die Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is. (Heb. 8:6) Die onverbreekbaarheid van die Nuwe Verbond blyk uit die bloedstorting en dood van Jesus Christus. Christus is die "saad van Abraham" en op Hom het die beloftes van die verbond betrekking:

  • "Dit is dus di wat glo, wat saam met die gelowige Abraham gesen word. (Gal. 3:9) Die bloedband met Abraham is nie beslissend nie, maar die geloof in Jesus Christus.
  • "As julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God." (Gal. 3:29)
  • "In Jesus Christus het God self die Borg van sy beloftes geword."
  • "Die verband tussen die verbond en die uitverkiesing is dat die verbond die bre bedding is waarin die smal stroom van uitverkiesing voortvloei na die ewigheid. "Baie is immers geroep, maar min uitverkies." (Matt 22:14)


2009 Henk Botha

Tuisblad | Ontdek Christus | Luister Aanlyn | Artikels | Kontak ons | Skenking | Site Map


Sub-Menu:


Back to content | Back to main menu